Vermisde vroue in Middelburg gevind – polisie ondersoek moontlike ontvoering
Die polisie ondersoek 'n ontvoeringsaak nadat twee vroue wat gisteraand in Hendrina vermis geraak het, vanoggend in Middelburg opgespoor is.
Lede van Acsu Securiteit en die Hendrina Gemeenskapspolisiëringsforum het regdeur die nag gesoek nadat twee vroue gisteraand om 19:00 gaan brood koop het en nooit weer gesien is nie.
Die vroue is vanoggend, in samewerking met lede van die Middelburg GPF, opgespoor. Volgens inligting van persone op die toneel was die vroue in ‘n haglike toestand beide fisies en emosioneel.
Hulle is na die Middelburg polisiestasie geneem. Daar is op hierdie stadium nie verdere inligting nie behalwe dat die polisie besig is om die saak te ondersoek en dat daar moontlik arrestasies kan volg.
Marli Wolmarans van Hendrina, wat deel van die soekgeselskap was wat deurnag na die vroue gesoek het, het die publiek gevra om hulself te weerhou van snedige aanmerkings en verkeerde aannames en die familie spasie te gun.
Lees die vorige stories hier:
Twee vroue vermis, moontlik ontvoer
Vermisde vroue opgespoor in Middelburg
