News

Meisiekind oorleef derde gifaanval

Boosdoeners wat honde met gif afmaai om in te breek of motorfietse te steel, het gister helder oordag in Broodboomstraat (Kanonkop) toegeslaan.

Mnr. Johan Bosch sê hul twee worshonde het dit oorleef, maar dat die een nog erg siek is. “Ons moes elke uur laasnaag opstaan om vir haar medikasie te gee.” Hy is hewig ontsteld oor die pyn waarin sy hond verkeer.

Die gifgooiers het Temik gebruik, wat in ’n vis- of hoenderpasta ingemeng is.

Mnr. Bosch sê sy honde word gewoonlik agter in die erf gehou, maar hy het sy boot vorentoe gestoot en die twee worshonde, Tiekie en Meisiekind, het saam vorentoe gegaan.

Kort voor 14:00 het sy werk hom uitgeroep en het hy gery.

“Ek was nog op pad myn toe, toe my vrou bel en sê dat Meisiekind voor die deur lê.”

Hy vermoed hy is dopgehou, want die diere is binne ’n kort tydjie vergiftig.

Van die gif, wat met ’n vis- of hoenderpasta gemeng is, het ook op die muur te lande gekom. Dit is later met ’n drukspuit skoongemaak.

Tiekie het dadelik gebraak en die meeste gif het uitgekom. Die veearts het alles gedoen om Meisiekind se lewe te red en ook medikasie saamgestuur.

“Die veearts het gesê dit is ’n wrede manier vir ’n dier om te vrek. Die dier is in verskriklike pyn.”

• Mnr. Bosch sê dit is die derde keer wat die boosdoeners vir Meisiekind probeer vergiftig het. Die eerste keer was ’n paar jaar gelede en verlede jaar het sy twee reun worshonde gevrek en het Meisiekind die vergiftigings oorleef.

“Dit het ons die vorige keer R5 500 gekos om haar aan die lewe te hou!”

Tydens verlede jaar se vergiftings, is daar by twee huise naby hulle ook honde vergiftig.

Hy het wel motorfietse op sy erf, maar dit word in die huis gehou, juis sodat boewe nie maklik toegang daartoe het nie.

• Hulle het met ’n drukspuit die muur en erf skoongemaak waar die gif oral te lande gekom het. om seker te maak die ander honde kry nie van die gif in nie.

• In die afgelope 10 jaar is daar al honderde honde in Middelburg vergiftig. In bykans al die gevalle het die boewe die honde vergiftig om by motorfietse uit te kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button