News

Motorfiets gesteel na gifstrooi voorval

Die Venter gesin is ’n splinternuwe motorfiets kwyt, nadat diewe vroeg Woensdagoggend hulle hek oop forseer het en toegang gekry het tot hul erf in Kanariestraat.

Me. Fransie Venter vertel dat haar man se BMW GTS, wat hulle twee weke terug gekoop het, langs haar kar gestaan het onder ’n toegeboude afdak.

Drie mans het hulle hek van sy skarniere afgedwing, en die motorfiets uitgestoot.

Een boef was arrogant genoeg om direk in hulle CCTV kamerastelsel vas te kyk.

Die motorfiets, wat toegerus is met ’n splinternuwe kas agterop, is om en by R80 000 werd.

Me. Venter het skermskote van die videomateriaal op hulle straat se veiligheids-whatsapp groep gesirkuleer.

’n Mede-inwoner, Stephanie Loedolff, kon dadelik die drie mans uitken op hulle liggaamsbou en kleredrag as die selfde mans wat vroeër die week in haar bure se erf gesien was.

Stephanie Loedolff het die diewe se spore gevolg tot in Dennesig se parkie, waar vuurmaakplek en spore die diewe se skuilplek aandui.

Die drie mans, is gereeld deur Staphanie gemaan, en beweeg tussen Tosca en Dennesig. Hulle gee voor asof hulle nie mekaar ken nie, maar sy kon self sien hoe hulle kommunikeer.

“Een gee altyd voor dat hy dronk is. Hy slinger rond en maak asof hy gedisoriënteerd is. Die ander een sal by huise kos vra, maar dit kan duidelik gesien word hoe hy dophou en rond kyk, en die derde een, is ’n langerige man wat baie netjies voorkom.”

Stephanie is oortuig dat die drie mans hulle buit in die riete by Dennesig se dammetjies versteek. Sy is ook oortuig dat hulle betrokke is by die string gifstrooi gevalle wat die laaste paar weke in die omgewing plaasgevind het.

•Die diefstal volg kort op ’n gifstrooi geval wat Dinsdag in Broodboomstraat, Kanonkop, plaasgevind het.

Die eienaar van die twee worshonde wat Temik ingekry het, mnr. Johan Bosch, vertel dat dit die derde gifstrooi voorval is wat op sy erf plaasgevind het.
Mnr. Bosch is self ’n motorfietseienaar.

•Enige iemand met inligting oor die diewe se identiteit, of die gesteelde motorfiets, kan me. Venter kontak by 084 695 4141.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button