
Diewe spits hulle nou toe op duur 17 en 18 duim wiele wat hulle sommer blitsig afsteel en dan die voertuig vir die eienaar op bakstene los.

By een huis in Kanonkop het ’n groep van vyf diewe die gesin se eie plaveiselstene uitgebreek om die voertuie daarop staan te maak.
By ’n ander huis het hulle by die bure gaan bakstene haal en dit op die muur vergeet toe hulle so byna betrap is.

• Op die videomateriaal (op vinnige aksie gestel) kan ’n mens sien hoe die groep van vyf saamwerk om twee voertuie op ’n erf se wiele te steel.
• Lees die volledige berig in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
