News

Residents share condolence messages in memory of Dr Keys

Condolence messages has been streaming in from across the globe following the death of Dr Cecil Keys in Cosmos Hospital last weekend.

Dr Keys was admitted to hospital with an acute intestinal infection.

He had completed ten days of self isolation after testing positive for Covid-19, before his admittance.

His wife Elmarie, also a doctor, self isolated alongside Dr Keys, but was never tested after showing no symptoms of infection.
A Private memorial service will be held for him, though arrangements have not been finalised.

Condolence messages flooded in to www.mobserver.co.za throughout the week from as far as Scotland and New Zealand.

Some of the messages were published on a memorial page in this week’s edition of the Middelburg Observer. You can read the Middelburg Observer by just downloading our app.

The remaining messages are posted below.

•Van Skotland, Australië, Durban, George, reg oor die wêreld, het huldeblyke ingestroom vir die dr Cecil Keys. Die Middelburg Observer het ’n hele bladsy afgestaan aan die huldeblyke in hierdie week se uitgawe wat ook op ons toep (app) reg oor die wêreld gelees kan word, laai dit net af.

Www.mobserver.co.za publiseer vandag, ’n week nadat hy oorlede is, verdere huldeblyke aan die geliefde dokter.

Willem en Lerina Blaauw:
Ons groet ’n vriend, ’n geneesheer met ’n passie en empatie vir elkeen wat sy pad gekruis het. Vriend, jou voete het dikwels die stofstrate van Israel gestap, Jerusalem se strate deurkruis, op die see van Galilea gevaar, “Dawid” gewees in die vallei van Ellah – jou liefde vir Israel was onmiskenbaar. Ons sal die hummus en koftas onthou, maar glo ons sal mekaar eendag weer raakloop in die strate van die nuwe Jerusalem. Shalom, tot ons weer ontmoet.

Natasha Nagel:
Steeds kan ek nie my kop rondom dokter se afsterwe kry nie. Die realiteit skiet my tekort. Hy was voorwaar ’n man met ’n groot omgee-hart, maar ’n klein hartjie as dit kom by sy klein pasiënte. Toe my negejarige die nuus hoor, was haar eerste reaksie “ek sal nooit ooit weer na ’n ander dokter toe gaan nie”. Hy het die gawe gehad om mens op jou gemak te laat voel, en het altyd empatie en simpatie met almal gehad. Altyd tyd vir ’n vinnige geselsie. Hy gaan voorwaar deur groot en klein gemis word. Sterkte vir dr. Meyer en haar gesin. Hy was voorwaar ’n rots en steunpilaar in die gemeenskap.

Carla du Toit:
Where to begin. I was born quite prematurely, around 26 weeks and weighed 820 grams. Dr Keys was my doctor at this time and with my chances not being that great, he was always there. I went into cardiac arrest and he was there. When they wanted to switch off the life support machines, he was there telling them just to give me another day. And I survived. He saved my life. Through the years when I got sick or had complications, he was there going the extra mile. Visiting me in the hospital, calling to see if I’m ok. I could walk into the doctors’ office and he would always help me if it was urgent. Going into an operation I remember him laughing and talking about me as I dozed off.
Due to my premature birth, my parents were told I’d have a few deficits and learning disabilities, when I finished matric, with my distinctions, he and my mom cried and revisited how no one believed I’d ever make it that far. A day I will never forget.
In 2018 I got pregnant, he always joked that he would run away as I might have many complications. I visited him at 6 months pregnant (at that time still planning to give birth in Middelburg), he said he would assist with the birth or at least be in the operating room to calm my nerves. After not doing births anymore. How he would just be there to help me.
I have a million stories about him, he was there on the bad days and the worst of worst days but he was also there for the good days.
After 28 years, all I can do is thank him. My heart is broken that I will not be able to thank him in person or see him again. He truly was family to me and my family.
Forever in my heart and never forgotten. To the man who saved my life, thank you!

Werner, Jana, Sion en Helene Smit:
“Mamma, huil mamma oor die dokter wat my Strikkies ingesit het?”… Dr Keys het vir Helene mooi verduidelik dat seuntjies steke kry en dogtertjies kry mooi strikkies. Ons groet ’n uitstekende dokter met ’n hart van goud! Hy het saam met ons gesin so baie ervaringe gedeel en ons sal hom verseker baie mis.

Die drie De Klerkies:
Dr Keys, ons gaan jou ontsettend baie mis. Jy was nie net ons dokter nie, jy was ons alles-in-een.

Buks en Amalinda Olivier:
Ons medelye met sy eggenoot, familie en vennote van Dr. Keys. Dr. Keys, ons het nie verwag Jesus kom jou so gou haal nie, ons het jou nog so nodig gehad. Vir 25 jaar was jy ons dokter en ons het net die beste behandeling gekry. In die hospitaal het hulle jou kwaaitjie genoem want jou pasiënte het eerste gekom. Rus in vrede ons dokter en raadgewer.

Colleen Changuion du Randt: 
Breek ’n mens se hart. Hy was nie net ’n wonderlike dokter nie maar ’n omgee een, met empatie, iemand wat nie geskroom het om te raas as sy instruksies nie uitgevoer is nie. Iemand wat jou moed gegee het met ’n tikkie humor saam. RIV dr. Keys ons gaan jou oneindig baie mis. Sterkte aan sy familie.

Dominique Vogel:
This is a real shock. Dr Keys you will always be the best Dr I have ever had for my son. You just knew how to handle him. Dr Meyer you and the family are in my thoughts.

Ronell Henrico:
So jammer om te hoor… hy was ’n wonderlike dokter. Danksy my dogter in Middelburg, het ek hom besoek om ‘n melonoom uit te sny… hy het nie gespeel nie en toe die uitslag positief was, my dadelik na ’n chirurg in Pretoria verwys.
My lewe is gespaar en ek is in remissie. ..dankie Vader.
Rus sag en in volkome vrede, my dokter.

Martieamanda Claassen: 
My hart is so seer. Die dokter wat elke een van sy pasiënte so goed behandel het. Toe ek in Middelburg gebly het, het ek by mense rond gevra wie is ’n goeie dokter. Almal het gesê dokter Keys. Dr Keys en ek sou oor die Here ook gepraat het. Dis nou oor die 20 jaar wat hy my dokter was. Wat ’n harde slag vir diegene wat sy pasiënte was. Ons gaan jou mis dokter.
Rus in vrede ons geliefde dokter.

Rina van Niekerk:
Ons innige meegevoel met dr Elmarie en gesin. Hy was ’n uitstaande dokter vir ons as gesin vir baie jare voordat ons verhuis het. Mag julle as gesin troos vind in Sý liefde en genade. RIP dr Cecil. Die Van Niekerk gesin.

Stacey Wessels:
Die wêreld is een van die beste dokters armer. Dr Keys het twee van my kinders in die wêreld gebring, en was my huisdokter as kind. Ek sal hom nooit vergeet nie. Beslis ’n legende. Mag ons liewe Here Sy hand oor die familie hou en hulle dra en vertroos, en hulle kragbron wees deur die moeilike tyd! My innige simpatie gaan uit na sy vrou dr. Meyer en hulle seuns.

Back to top button