News

Dramatiese fotos van toneel waar kitsbank rowers geskiet is

Oos- en Bonckerstrate wemel steeds van polisielede nadat twee rowers gewond en hul makker in ’n ou kar vasgetrek is,

Nie vir sensitiewe kykers

Die drama het vanoggend begin in Jane Furse (Limpopo) toe ’n kitsbank opgeblaas is.

 

Die Limpopo Polisie se taktiese reaksie eenheid het die groep agterna gesit, toe hulle in die rigting van Middelburg jaag.

Naby Kanonkop het die Middelburg Polisie by die jaagtog aangesluit en het die booswigte alles probeer om weg te kom.

Op die hoek van Cowen Ntuli- en Bonckerstraat het die rowers beheer oor hul voertuig verloor en deur ’n muur en palissade van Dentco geploeg en teen die muur tot stilstand gekom.

Die rowers het uitgespring en in alle rigtings gespat. Twee is gewond, wat in ’n erf in Oosstraat gaan wegkruip het. Sekondes later is beide langs ’n huis se buitetoilet gevind.

Terwyl die toneel gefynkam is, is CCTV Videomateriaal nagegaan om die derde verdagte op te spoor. Kort daarna is hy gevind waar hy in n ou voertuig in ’n erf weggekruip het.

  • Die rowers het sowat 30km buite die dorp op die Stoffbergpad van hul buit uitgegooi en is die polisie tans in daardie omgewing waar hulle na die artikels soek, wat by die venster uitgegooi is.
  • Die gewonde rowers is per ambulans van die toneel weggeneem.
  • Al die polisielede en reaksielede van Titon en Mid Alarms verdien ’n klop op die skouer!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button