News

Stormloop na drankwinkels

Daar is 'n stormloop na drankwinkels, na gerugte van 'n nuwe drankverbod.

Oral op sosiale media word boodskappe versprei dat daar moontlik weer ’n verbod op die verkoop van drank ingestel kan word.

Met president Cyril Ramaphosa se skielike aankondiging van die laaste drankverbod, het inwoners besluit dat hulle nie weer ‘droog’ gevang gaan word nie.

Inwoners het laat weet dat verkeer in Lilian Ngoyistraat vir ’n wyle opgehoop het soos wat motors by die Blue Bottle drankwinkel in Kanonkop wou in kom. ’n Persoon wat daar naby werk, sê dat mense nou al tot op die sypaadjie parkeer.

Voor Kanonkop Spar het die ry mense wat by Tops wou inkom die breedte van die parkeerarea gestrek.

OK Grocer in Meyerstraat se mnr. Christo Vlok het gesê dit is “chaos”. Ander drankwinkeleienaars het dit beaam.

“Soos dinge nou aangaan gaan my voorraad teen more uitverkoop wees,” het een drankwinkeleienaar, wat gevra het om anoniem te bly, gesê.

• Na die dood van drie Tshwane Metro verkeersbeamptes in ’n trompop botsing met ’n skynbare dronkbestuurder, het minister Fikile Mbalula gesê dat die verkope van drank strenger beheer moet word.

Daar was ook verskeie berigte oor die impak van drankgebruik op hospitale se noodeenhede sedert die drankverbod verlede week opgehef is. Plaaslike drankwinkeleienaars is dit egter eens dat gerugte van ’n hernude drankverbod vals nuus is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button