News

Belowende bokser deur bakkie raakgery

Janik Wessels, ’n graad 11 leerling van HTS Middelburg en lid van die Middelburg Boxing Academy, is omstreeks 8:15 deur ’n voertuig in Sondagsrivierstraat raakgery.

Die ongeluk het omstreeks 08:00 plaasgevind.

Na wat verneem word het ’n Amarok bakkie ’n ander voertuig verby gesteek en vir Janik raakgery.
Die vermoede bestaan dat Janik besig was om te draf, toe hy raakgery is.

Die Amarok bakkie wat Janik raakgery het. Die duik op die voertuig en die stukkende spieëltjie wys hoe hard hy die seun getref het.

Hy en sy pa, die bekende boksafrigter en voorsitter van Middelburg Rugbyklub, oefen gereeld by die Athlondedam omdat hulle in die omgewing woon.

•Janik het onder andere ’n besering aan sy kop, maar is na die hospitaal geneem, sodat die omvang van sy beserings bepaal kon word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button