News

Jong bokser uit skoene gery

Daar word tans nog skanderings op Jannik Wessels (17) by die Life Midmed Hospitaal gedoen om te bepaal watter beserings hy opgedoen het.

Sy pa, Henk, wat sy seun in die hospitaal ondersteun, sê Jannik het kort voor 08:00 langs die pad gedraf, toe hy raakgery is.

“Hy is uit sy skoene uit gery!”

Mnr. Wessels het self na die toneel toe gejaag en sy kind langs die pad gevind waar die Amarok voertuig hom omgery het in Sondagsrivierstraat.
Die bakkie het ’n ander voertuig verby gesteek in die rigting van die Mall en Jannik regs langs die pad getref.

Lees ook: Belowende bokser deur bakkie raakgery

Mnr. Wessels sê op hierdie stadium is bepaal dat sy linkerduim gebreek is, hy het ’n linkervoet besering en ’n erge kopwond. Hy het van sy tande verloor. Hulle gaan later vandag ’n skandering doen om te kyk of daar nie ’n ernstige breinbesering is nie.

Jannik kan gelukkig met hulle kommunikeer.

“Hy sê net sy mond is baie droog en dat hy niks van die ongeluk kan onthou nie.”

• Jannik is ’n graad 11 leerder van HTS Middelburg en lid van die Middelburg Boxing Academy. Hy het juis met ’n swartsak aan geoefen om ’n gewig te verloor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button