News

Jannik wil penne in duim voorkom

Jannik Wessels (17), die jong bokser van Middelburg Boxing Academy wat verlede week raakgery en ernstige beserings opgedoen het, is tuis!

“Hy is nie eers lyfseer nie. Ek glo dit is omdat hy so fiks is,” het sy pa, Henk, vanoggend gesê.

Jannik is verlede Dinsdag in Sondagsrivierstraat raakgery, terwyl hy gedraf het.

Die voertuig, ’n Amarok, het ’n ander voertuig verbygesteek en Jannik langs die pad raakgery.

Hy is uit sy skoene gery, het van sy tande verloor tydens die ongeluk, skedelbreuk opgedoen, sy linkerduim gebreek en het ’n linkervoetbesering.

Woensdagoggend is ’n operasie gedoen om die effense bloeding op sy brein te dreineer.
Jannnik is Vrydag uit die Life Midmed Hospitaal ontslaan.

Mnr. Wessels sê dat Jannik sy duim op twee plekke gebreek het en dat hulle later vandag gaan kyk wat hulle kan doen om te voorkom dat hy penne in die duim kry.

“As hy penne in die vinger kry, sal hy nie weer kan boks nie.”

• Jannik wou vandag al skooltoe gegaan het, maar die neurochirurg wat sy operasie gedoen het, het gesê dat hy nog vir vier weke tuis moet bly vir die kopwond om te herstel.

• Hy is ’n graad 11 leerling aan HTS Middelburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button