News
Trokkie met teëls slaan in Kranspoort om
Twee mans kan hulself gelukkig ag dat hulle nie ernstig beseer is nie, nadat die trokkie waarmee hulle teëls vervoer het, in die tweede laaste draai in Kranspoort omgeslaan het.

Die ongeluk het omstreeks 13:30 gebeur.
Volgens mnr. Frans van Leeuwen was hy en mnr. Eben Swanepoel vanaf Bethal na Marble Hall met die vrag teëls onderweg, toe die ongeluk gebeur het.

“Ek het vir Eben gesê: ‘hou vas!’, waarna die trok omgeslaan het.” Die trok het die onderpunt van die sandbank getref en op sy dak te lande gekom.
Die twee mans het net blou kolle en ’n paar skraapmerke opgedoen.

• Die ongeluk is langs die pad en het van die sand in die pad beland, maar hulle is reeds besig met opruimingswerk. Die ongeluk het nie die verkeer belemmer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
