News

‘40 days’ chaos – Hoërskoolseun byna van sy fiets af gery

’n Hoërskool seun is Woensdag amper van sy fiets af gery in Proteastraat deur ’n kar waarin hy drie insittendes van ’n ander hoërskool herken het.

Die seun se ma sê die voorval het omstreeks 13:45 in drukverkeer gebeur, maar dat haar seun daarin kon slaag om ’n stamp van die kar te vermy.
Volgens die ma is die kar deur ’n rooikop vrou, wat in haar 20’s geskat word, bestuur.

Die seun sê daar was altesaam ses mense in die kar, waarvan hy drie insittendes herken het.
Een van die drie seuns wat hy herken het, was vroeër saam hom in die skool.

Die seun het die drie insittendes vir sy ma op Instagram gaan uitwys.

Die ma sê dat sy nie hoop het in die skole om die insident aan te spreek nie, “want dit het buite skoolure weg van die skoolpersele gebeur.”

“As kinders nou al so optree, vrees ek vir die toekoms,” sê die ma.

Die seun is gelukkig nie beseer nie, maar nou skrikkerig om met sy fiets te ry.

Sy oorweeg dit om ’n saak by die polisie te gaan lê, maar sê omdat haar seun nie seer gekry het nie, sy nie glo dat die polisie die saak ernstig sal opneem nie.
Die insident is, volgens die ma, deur ooggetuies gesien.

Sy wag vir die ooggetuies se verduideliking van gebeure, voordat sy ’n finale besluit sal neem om die seuns formeel by die polisie te gaan aangee.

“As my seun seer gekry, of erger dood was, sou die onnodige insident verskeie plaaslike gesinne se lewens verwoes het, besef daai seuns dit?” sê die ma.
Plaaslike matrieks het Woensdag amptelik hul laaste skooldag gehad.

In die ou dae was dié dag bekend as “40 days” verwysend na die aantal dae voor die laaste eindeksamen vraestel geskryf word.

’n Plaaslike onderwyser het Woensdag gesê dat daar geweldige oproer onder die matrieks was, wat deesdae buite skoolreëls is nadat “40 days” weens swak dissipline oral afgeskaf is saam ontgroening.

• Die kinders kan nie geïdentifiseer word nie, omdat hulle minderjarig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button