News

Nie eens plaveisel is veilig teen diewe nie

Jy gaan slaap met ’n mooi geplaveide paadjie om jou huis en jy staan op sonder ’n geplaveide paadjie. Dit was ’n inwoner van Kanonkop oorgekom het in die nuutste gier onder diewe, om plaveiselstene te steel.

’n Kanonkop inwoner het ander gewaarsku om op die uitkyk vir die diewe te wees, nadat iemand deur die nag van sy plaveiselstene gesteel het.

Die man, wat in Sipresstraat woon, sê dat hy elke aand sy hek gaan sluit en dit gisteraand 19:00 oudergewoonte gedoen het. Toe hy vanoggend sy hek oopsluit, het hy opgemerk dat daar ’n stuk van sy plaveisel gelig is. Daar was niemand verdags in die straat nie. Met die terugpak was daar tien stene weg.

“Ek weet nie of ek hulle skrik op die lyf gejaag het dat hulle gevlug het en of hulle my huis probeer merk het nie. Maar ander inwoners moet maar versigtig wees,” sê die man, wat anoniem wil bly.

• Daar is al voorheen berig hoe boewe wat wiele van voertuie af steel, van plaveiselstene gebruik maak om die voertuig op te laat staan.

In Augustus het Gerhard Beukes vertel hoe hy sy bakkie op plaveiselstene aangetref het, toe hy een oggend wou werk toe ry. Sy lewensmaat, Belinda Wolfaardt, se Jeep se wiele is ook afgesteel. Videomateriaal het gewys hoe die boewe meer as ’n uur spandeer het om die wiele af te steel.

Daar was soortgelyke voorvalle in Helen Josephstraat, Uitbreiding 24, Rockdale en ’n poging tot diefstal in Loeriestraat waar diewe ook stene by die bure gesteel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button