Inwoners kan ‘saam’ met renosters slaap
Veilig! Dis hoe Suid-Afrika se renosters in die veld behoort te leef.
Om dit te virseker, gaan die Slaap saam met Renostersveldtog in samewerking tussen Ubhetyan-o-Afrika en Rhino Connect, verleng word tot 26 September.
Ubhetyan-o-Afrika eienaar, mnr. Deon Cornelius, sou net twee weke vanaf 1 September, op ’n stellasie bo die plaas se renosters slaap, om geld vir renosters in privaatbesit en renosterkalf-weeshuise in te samel.
Omdat daar tans nog net R3000 ingesamel is met die veldtog – R997 000 agter die mikpunt van R1 miljoen – word die projek verleng.
Op 19 September gaan ’n groot opskop gehou word met vermaak vir die jongspan by die Baba Renoster Jol.
’n Gelukkige inwoner staan die kans om gedurende die pretdag ’n nuwe naam vir een van Ubhetyan-o-Afrika se renosterkalfies te kies.
Mnr. Cornelius slaap van 19:00 tot 07:00 op die stellasie bo sy renosters.
Hulle word ook gevoer, en die interaksie word lewendig uitgesaai op Rhino Connect se webwerf.
Ondersteuners kan self ook inboek by die lodge teen R1500 wat aandete, bed en ontbyt insluit.
“Ons hoop die projek sal momentum kry sodat ons broodnodige fondse vir die beskerming van renosters kan insamel,” het mnr. Cornelius gesê.
Hy kan geskakel word by 061 588 3714 vir meer besonderhede.
