News

Indringer vlug toe Rocket hom jaag

Daar is niks so vinnig as ’n “Rocket” nie, vra maar die betreder wat moes hol met Rocket, Brody en Cody wat so gevat-vat het aan sy broekspype.

Die booswig kon in sy haas nie vinnig genoeg die hek toekry nie en moes woes straataf hardloop met Cody wat hom nog so blok of twee gejaag het.

’n Mens kan nou daaroor lag, maar as dié drie wakker “musketeers” nie hul werk gedoen het nie, het die betreder moontlik ingebreek by die huis in Zuidstraat.

Op die videomateriaal kan ’n mens sien hoe versigtig die boef die hek oopmaak. Hy sluip teen die muur af en loer op ’n stadium oor die muur na die bure se kant toe. Dan loop hy voetjie vir voetjie stadig by die erf in.

Sekondes later sien jy dieselfde man, dié keer op topspoed, wat probeer wegkom met die drie hondjies kort op sy hakke.
Rocket, die ouerige poedel, en Brody, die een Yorkshire terriër, steek vas by die hek.

Maar Cody, die ander Yorkshire, laat hom nie afskrik nie en jy sien net stert soos hy die kwaaddoener in die pypsteel-erf afjaag tot in die straat.

Me. Van Niekerk sê die betreder moes baie sag die hek oopgemaak en geloop het, “want die hondjies blaf dadelik as daar iemand by die hek is. Toe hy langs die huis verbykom, het die honde hom gehoor en begin jaag.”

Die drie helde verdien elkeen ’n been, of liewer elkeen ’n stuk biltong!

https://vimeo.com/458036432

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button