Waterponie vroegoggend in Kanonkop gesteel
’n Kanonkop inwoner se waterponie (jet ski) is vanoggend in die vroeë ure gesteel.
Mnr Perrin O’Niell, wat in Akasiastraat woon, vertel dat sy buurman hom vroeg gebel het om te laat weet dat sy hek oopstaan.
Toe hy gaan ondersoek instel, het hy opgemerk dat die diewe oor sy muur gespring het en die slot aan sy hek oopgebreek het.
Mnr O’Niell sê dat sy bakkie, en ’n ander waterponie voor die hek gestaan het. Hulle het die ander waterponie geskuif en die een waaraan hy gewerk het, uitgestoot.
Die gesteelde waterponie is om en by R180 000 werd, maar het nie ’n enjin nie, omdat mnr. O’Niell besig was om dit reg te maak.
Hy het laas week, ’n verdagte man en vrou buite sy hek gesien en vermoed dat hulle betrokke was.
Enigiemand met meer inligting, kan mnr O’Niell kontak by 084 670 1795.
