News

Wen kaartjies na Mathys, Helene, Rocco en Grotman

Na 'n afwesigheid van meer as vyf maande is Lefra weer op die planke met vier produksies by Carnival City se Applause, en bied die volgende paar weke 'n verskeidenheid skreeusnaakse komedies en keurige musiek aan.

•Mathys Roets skop die Lefra Applause-konserte af op Vrydag, 18 September om 19:00.

•Wynand van Vollenstee is in die skreeusnaakse Groet die Grotman 2 op Saterdag, 19 September om 18:30.

•Rocco de Villiers vermaak aanhangers met sy produksie Kortbroek, Langkouse op Sondag 11 Oktober om 15:00.

•Sangeres Helene Bester bring hulde aan die ikoniese Nana Mouskouri op Saterdag 17 Oktober om 19:00.

Besprekings vir al die applouskonserte kan gedoen word by Computicket by 0861 915 8000, of aanlyn by www.computicket.com. Groepe van meer as 10 kry ’n lekker afslag – skakel Monica by (011) 815-3000, of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com.

As jy vir al vier produksies bespreek, betaal jy slegs R500,00 per persoon, ‘n besparing van R270,00.

Daar word streng by alle Covid-19-protokolle gehou en besoekers word daaraan herinner om hul maskers saam te bring!

Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies, sê Lefra is baie opgewonde en dankbaar om terug te wees met lewendige teater.

Swart sê hy kan nog steeds nie verstaan waarom teaters, kerke en lokale tot 50 sitplekke beperk is nie. “Dit maak net geen sin nie! Hierdie absurde regulasie maak die teater in Suid-Afrika dood en moet so gou as moontlik herbesoek word.

As ’n mens 5000 mense toelaat om ‘n winkelsentrum binne te gaan, hoe kan die regering dan net 50 mense in ‘n teater toelaat?

Dit kan nooit ekonomies lewensvatbaar wees nie. Ons het talle voorleggings gelewer aan die Minister van Kuns en Kultuur sowel as aan die president. Nodeloos om te sê – tevergeefs!”

Swart sê die publiek moet nou opstaan en eis dat teaters en kerke so gou as moontlik moet oopmaak. “Teatergangers en ondersteuners is baie verantwoordelike burgers. Dit is voor die hand liggend dat ons almal aan die Covid-19-reëls en -regulasies sal voldoen!”

Ons moes nege jaar wag vir Mathys Roets se nuutste album, en daarmee saam, ’n nuwe vertoning! Mathys se Reën is Lefra se eerste Applouskonsert op Vrydag, 18 September om 19:00 in Carnival City se Applause. In tipiese Mathys Roets-styl is elke liedjie in Reën met diepte en warmte gevul.

Die volgende Covid-19 protokols is in plek wanneer jy Carnival City besoek:

– Gesondheidsvraelyste word deur elke persoon by alle ingange voltooi en jou temperatuur sal gemeet word;

– Elke gas moet sy of haar identiteitsdokument of MVG-kaart by die ingang toon;

– Elke gas moet ‘n masker dra en sy of haar hande ontsmet by die ingange;

– Binne die venue sal sosiale distansiëring gehandhaaf word;

– Alle drankies sal geseël wees as dit bedien word;

– Alle kos sal bedek wees as dit bedien word.

Bespreek nou vir Lefra se Applouskonserte by Carnival City se Applause by Computicket. Besoek hulle webblad by www.computicket.com of skakel 0861 915-8000. Vir groepbesprekings en navrae, skakel Monica Booysen by (011) 815-3000 of stuur ‘n e-pos aan admin@lefra.com WEN KAARTJIES NA AL VIER LEFRA SE APPLOUSKONSERTE BY CARNIVAL CITY!

Een leser kan ’n dubbelkaartjie wen na al vier Lefra se Applouskonserte.

Om deel te neem aan die www.mobserver.co.za en Lefra se kompetisie, kan jy die volgende na 43366 SMS: Wen Applous www.mobserver.co.za, jou naam en van, Middelburg.

Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word aan wen@lefra.com met Lefra www.mobserver.co.za, Applous Kompetisie. Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die redakteur is finaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button