Rowers slaan twee keer toe
Rowers in ’n wit Jetta en wit Bantam bakkie het vanoggend paniek gesaai toe hulle eers in Dwykastraat (Aerorand) probeer inbreek het en vandaar by ’n huis in Van Elderstraat (Gholfsig) ingebreek het.
Die eerste voorval was vroeër vanoggend toe ’n huishulp en kinders ’n geluid by die motorhek in Dwykastraat gehoor het. Die booswigte het die hek van die spoor afgetel.
Die kinders het die paniekknoppie gedruk en die rowers het gevlug in ’n wit Bantam bakkie en ’n wit Jetta.
Kort hierna het ’n tuinier ’n alarm hoor afgaan by ’n meenthuiskompleks in Van Elderstraat.
Hy het ondersoek gaan instel en gesien dat een van die meenthuise se deure oopgebreek is.

Die volgende oomblik het die rowers by die meenthuis uitgehardloop gekom, in ’n wit Jetta gespring en weggejaag. Hy het later vir noodgroeplede gesê dat die een booswig ’n handwapen, wat soos ’n 9mm pistool lyk, in sy hand gehad het.
By laasgenoemde huis word daar op hierdie stadium nog net juwele vermis.
• Daar word vermoed dat dit dieselfde groep is, wat by beide huise opgemerk is na aanleiding van die wit Jetta wat by beide tonele gesien is.
Daar was pas verneem dat daar ’n inbraak by ’n huis in Parkstraat ook was.

