News

Duikers onttrek aan soektog na Malawiër

Die polisieduikers gaan nie verder soek na die oorskot van mnr. Henry Young Mikwanda (31) nie.

Mnr. Mikwanda, ’n Malawiër, het Saterdag by die Middelburgdam verdrink.

Die afgelope week het die polisie se watervleuel, duikspanne, honde-eenheid, bygestaan deur die span van die Nasionale Seereddings Instituut, Station 35 op eMalahleni, onverpoos na sy oorskot gesoek.

Die hoogte bo seespieël, onderwaterstrome, die koue en diep water en erge wind bemoeilik al die hele week die soektog.

Nadat die duikers vandag uitgekom het, het hulle besluit om die soektog in die water af te las. Polisielede sal egter bedags patrollies by die dam gaan ry om te kyk of sy liggaam opkom.

• Mnr. Mikwanda het die afgelope jaar vir mnr. Perrin O’Neill gewerk in Kanonkop. Hy was saam met mnr. O’Neill en ’n vriend Saterdag by die dam om ’n boot te toets wat mnr. O’Neill reggemaak het. By die diep baaigedeelte het hulle afgespring om te swem en het mnr. Mikwanda verdrink.

Vorige stories:

Duikspanne soek weer vandag

Nog geen teken van Malawiër wat verdrink

Drie honde vandag ingespan om na oorskot te soek

Vrou ‘sien’ waar verdrinkte man se liggaam in dam lê

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button