News

Henry se lyk steeds onder water

Die polisie se watervleuel en ander polisielede sal vandag weer per boot en om die Middelburgdam en by die damwal patrollies doen om te kyk of Henry Mikwanda se lyk moontlik al self opgekom het.

Mnr. Mikawanda (31) het op 12 September in die Middelburgdam verdrink. Hy was saam met mnr. Perrin O’Neill en ’n vriend by die dam om ’n boot te toets wat mnr. O’Neill reggemaak het. By die diep baaigedeelte het hulle afgespring om te swem en het mnr. Mikwanda verdrink. Die polisieduikers en watervleuel het vir dae met die hulp van die honde-eenheid aangehou soek, maar van die naweek af is daar begin met patrollies op en langs die dam om te kyk of mnr. Mikwanda se lyk nie self gaan opkom nie. Mnr. Vincent Avenant (bystand opsigter) het tot op hede nog elke dag te voet ook om die dam gestap om te help met die soektog. Hy het vroeg vanoggend al om die dam begin stap, maar tot op hede nog niks gevind nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button