Motorfiets in Dennesig gesteel
’n Motorfiets is vanoggend in die vroeë oggendure in Steve Bikostraat (Dennesig, Middelburg) gesteel.
Me. Debbie Sharman sê sy vermoed dit was tussen 01:00 en 02:00, want die bure se honde het geblaf. Wat hulle dronkslaan, is dat die motorfiets vasgeparkeer was tussen ander twee voertuie.
“Hulle moes die motorfiets bo-oor die karre getel het, om hom daar uit te haal.”
Die diewe het die voorste hek van die spoor af getel en daarna ’n binnehek oopgeskuif, om by die voertuie uit te kom.
Dit is ’n swart SV Suzuki 650cc en is die enigste een wat so lyk in Middelburg, aangesien daar veranderinge aan die motorfiets aangebring is. Die skerm voor is klein en die LED-lig wat voor ingesit is, lyk soos ’n V. Die skerm voor is klein en daar is rooi strepe om die wiele en aan die kante van die motorfiets.
Me. Sharman het genoem dat daar ook ’n duik op die tenk en skraapmerke op die sitplek is, weens ’n onlangse val met die motorfiets. As enige persoon die motorfiets opmerk bel me. Sharman by 072 476 6887.
