Pasop vir die Wolf en sy skape
Wie is Pieter Wolfaardt? Die man wat skape goedkoop verkwansel en dan verdwyn?
Wie is Pieter Wolfaardt? Die man wat skape goedkoop verkwansel en dan verdwyn?
Wolfaardt adverteer van Mosselbaai tot in Middelburg in die geklassifiseerde advertensies van gemeenskapskoerante.
Hy het ook vir die besigheid, BLG Building & Construction, in die geklassifiseerde advertensies in die Middelburg Observer geadverteer.
Hy het skape verkoop “omdat sy bejaarde skoonpa sy plaas wil verkoop en van al sy skape wil ontslae raak.”
Die meer as 300 skape was vir R750 ‘n skaap te koop, ‘n afgeslagte skaap kos sowat R2 000.
Wolfaardt het gevra dat almal wat skape bestel ‘n deposito, die helfte van die koopprys, betaal.
Die skape sou verlede Sondag afgelewer word, maar Wolfaardt het die aflewering uitgestel na verlede Woensdag. Woensdag het gekom en gegaan, maar geen skape is afgelewer nie. Albei sy selnommers was skielik af.
Wolfaardt het later weer gebel en gesê dat sy selfoon gesteel is. Hy het ook onderneem om die skape vroeg hierdie week af te lewer. Daar is vir hom gesê dat al die kopers eerder hul geld wil terughê en hy het onderneem om dit terug te betaal.
Tot op hede is daar nog nie weer van hom gehoor nie.
