Chris Buitendach was ’n top afrigter en ‘’n goeie ou’
Een van die land se voorste rugby afrigters, Chris Buitendach, is gister oorlede.

Buitendach het ’n indrukwekkende rugby CV wat strek van Tuks, Noord-Transvaal en Indië afrigter, tot hoof uitvoerende beampte van die Mpumalanga Rugby-unie. Hy is voor die nasionale inperking aangestel as Pirates Rugbyklub se hoofafrigter.
Sy vrou, Claudia, het twee weke gelede ’n boodskap aan sy rugbvriende gestuur, waarin sy sê dat hy baie siek en swak is, nadat hy met “aggressiewe dunderm karsinoom gediagnoseer is wat na sy lewer versprei het”.
Die Blou Bulle president, Willem Strauss, het in ’n WhatsApp boodskap gesê Buitendach was ’n legende wat ’n groot verskil gemaak het in baie mense se lewens.
Buitendach het ’n sagte gees gehad en nie ’n slegte woord gehad oor mense nie en graag wanneer hy na ander persone verwys het, gesê “dit is ’n goeie ou”.
Dit terwyl hyself een van rugby en die wêreld se “goeie ouens” was.
Terwyl hy hoof uitvoerende beampte by die Mpumalanga Rugby-unie was, het hy in onstuimige tye die media met fluweel handskoene hanteer en plofbare situasies ontlont.
Danksy sy skenking van die Puma gelukbringer mondering kon die Middelburg Observer ’n leesprojek begin, wat vandag nog voortgesit word.
Min mense is bewus dat hy ook ’n uitstekende middelafstand afrigter was as onderwyser by Hoërskool Nelspruit. (Dankie vir die middelafstand afrigtingsboeke wat jy vir my geskenk het Chris).
Hy het nie na homself verwys as afrigter nie maar as “people builder”.
Sy afrigtingsloopbaan strek vanaf 1977.
“Rugby is net ’n tydelike stop in enige rugbyspeler se lewe. Deur rugby leer hulle die waarde van dissipline, lojaliteit en hoe om hulself te handhaaf tydens uitdagings,” was sy filosofie.
Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.
Sy rugby CV tot 2016 lyk volgens die Google soekenjin so:
CV International Level:
1983 Combined S.A.Schools Team Wales Tour
1993 Northern Bulls Super 10 International Team
1995 South African National Team (Springboks) – Scrum Consultant For Nick Mallet
1996 South Africa Students World Cup Team
1999-2000 Bulls Super 12 International Team
2005 Scrum consultant Russian Team tour in South Africa
2016 Forwards Coach Poland National Team
International Sevens Rugby:
2001-2003 Zimbabwe (Training Of Coaches)
2001-2003 Zambia Training Of Coaches
National Level (Seniors)
1993 Northern Transvaal Yardley Cup Winners
1995-1996 Northern Transvaal Presidents Team
1995-1996 Northern Transvaal B-Team
1998-2000 Blue Bulls – Currie Cup Winners 1998
2001 Pumas – Vodacom Cup
2001 Technical Advisor to Lions Super 14 Team
Clubs:
1989-1991 Nelspruit Rugby Club Final
1996 Tuks (University Of Pretoria)
2009-2012 Impala Ruby Club
2011-2013 Impala Predator League
2015 Tuks (UP)
2016 Head Coach – University of Pretoria (Tuks)
Rugby Selector: (International, National And Provincial)
1978-1991 Lowveld Craven Week Team
1986-1991 Transvaal Districts Team
1993-1996 Northern Transvaal Craven Week Team
1992-1993 Northern Transvaal Curry Cup/Team
1998-2002 Bulls Super 14 Rugby Team
1996 South African Students World Cup Team
Rugby Training Of Coaches:
2003 Training Of National Coaches Of Zambia And Zimbabwe
2007 International Coaching Course – (Bob Dwyer) – 658 Coaches Trained
2015 International Coaching Symposium With: John Mitchell (New Zealand),
David Campese (Australia), Johan Ackerman (Lions), Myself, Chris Buitendach (Scrumaging)
2015 Developed A Revolutionry Computerized Scrum Machine In Conjuction
With Engineering Department Of University Of Pretoria Prof. Ernst Kruger
Various 25 Years Experience Of Organising And Hosting Rugby Clinics
Presenting Training Courses To Coaches, Players Writing Of Coaching
Manuals And Creating Coaching DVD’s.
