Wen kaartjies na Steve Hofmeyr Country vertoning
Steve Hofmeyr is al vir dekades lank hard aan die werk – nie net as ’n gewilde sanger nie, maar ook as skrywer, akteur en persoonlikheid by wie mense op ’n emosionele en kulturele vlak aanklank vind.
Steve se musiekstyl is so uiteenlopend soos die man homself. Behalwe vir die Afrikaanse en Engelse pop- en rockmusiek waarvoor hy so bekend is, keer hy terug Springs toe met ’n genre wat hom baie na aan die hart lê, naamlik country. Steve besoek die Stable Inn Konferensiesentrum in Springs op Vrydag, 2 Oktober, om 19:00, met The Country Collection Volume 3.
Besprekings vir die konsert kan gedoen word by iTickets by 086 100 0291, of aanlyn by www.itickets.co.za. Groepe van meer as 10 kry oudergewoonte ’n lekker afslag – skakel Monica by (011) 815-3000, of stuur ’n e-pos aan admin@lefra.com.
Daar word streng by alle Covid-19-protokolle gehou en besoekers word daaraan herinner om hul maskers saam te bring. Stable Inn se restaurante en kroeë maak reeds om 16:00 oop.
“Ek is nie eintlik ’n country and western ou nie, maar eerder die country, folk-kunstenaar”, sê Steve.
“Suid-Afrikaanse mense het ’n sagte plekkie vir countrymusiek. Country is die meer sentimentele genre, en ek dink ons is baie sentimentele en nostalgiese mense”.
The Country Collection Volume 3-album (en vertoning) is die laaste van ’n trilogie country-albums, ’n projek wat Steve drie jaar gelede begin het.
“Ek het ou Country-treffers geneem en dit gekombineer met nie-country-liedjies, wat ons ’n lekker country-aanslag gegee het. En dit het gewerk! Die reeks is ‘n treffer.”
Bespreek nou vir Steve se The Country Collection Volume 3 by die Stable Inn Konferensiesentrum op Vrydag, 2 Oktober, om 19:00 by iTickets. Besoek hulle webblad by www.itickets.co.za of skakel 086 100 0291. Vir groepbesprekings en navrae, skakel Monica Booysen by 011 815-3000 of stuur ’n e-pos aan admin@lefra.com.
•Een leser kan ’n dubbelkaartjie wen na Steve Hofmeyr se The Country Collection Volume 3 by Stable Inn in Springs op Vrydag, 2 Oktober om 19:00. Om deel te neem aan die Middelburg Observer en Lefra se kompetisie, kan jy die volgende na 43366 SMS: “Wen Steve Middelburg Observer”, dan jou naam en van, dorp.
Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word aan wen@lefra.com met Lefra, Middelburg Observer Steve Kompetisie. Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die redakteur is finaal.
