News

Vrou vang ‘vreemde’ slang in erf in Middelburg

’n Vrou het vanoggend ’n spierwit slang by haar huis in Joubertstraat gevang.

Me. Lisa Bester het die slang oor haar gras sien seil en hom dadelik gevang. Sy vermoed hy was agter haar hoenders aan. Die slang word heel moontlik êrens aangehou en het dalk ontsnap. Me. Bester het gevra dat die eienaar haar moet bel by 074 940 6536.

Lees ook: Slang saam vrou in die bed

• Mnr. Jean Houy (Middelburg Herpetologiese Vereniging) sê dit is ’n uitheemse rotslang (Rat snake) wat ’n gewilde troeteldier is.

“Ek het twee en hulle byt baie seer. Hulle is baie kwaai. Hy is beslis deur iemand aangehou. Hierdie slange eet baie moeilik as jy nie weet wat jy doen nie.”

Lees ook: Slange sak toe op Middelburg

Hy het aangedui dat hulle die slang tydens die Herpetologiese Vereniging se vergadering more-aand sal kan skandeer om te kyk of hy ’n mikroskyfie inhet en so moontlik sy eienaar kan opspoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button