News

Video: Kyk hoe diewe op knieë kruip om motorfiets te steel

Twee motorfietsdiewe het vanoggend in die vroeë oggendure ’n hekmotor oopgebreek en daarna op hul knieë in die erf ingekruip sodat die CCTV kameras hulle nie duidelik kon optel nie.

Mnr. Marinus Potgieter sê volgens die videomateriaal het die twee boewe kort na middernag die hekmotor by hul huis in Jan Cilliërstraat gebreek en sy motorfiets omstreeks 00:30 gesteel.

Dit is ’n Honda CBR 1000cc, registrasienommer JFS132MP.

Die motorfiets wat gesteel is.

Die motorfiets kan uitgeken word aan die heldergeel Monster plakkers wat hy daarop gesit het. Aan die regterkant is daar ook krapmerke en krake, van ’n vorige keer wat die motorfiets omgeval het.

As enige persoon se motorfiets iewers opmerk, bel mnr. Potgieter by 083 789 0110.

Die motorfiets van nader gesien.

https://www.facebook.com/MiddelburgObserver/videos/335324964402893

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button