News

Liggaam spoel uit langs Middelburgdam

Twee inwoners het 'n nare ontdekking gemaak toe hulle die Middelburgdam besoek het.

Liane Pretorius en haar vriend, Ewan Swiegers, was op die dam om hul nuwe boot te toets. Me. Pretorius sê dat hulle na die diepste plek by die krans gevaar het omdat hulle al groot swartbaars daar gevang het.

Hulle het van daar al langs die oewer in die rigting van die snelweg visgevang. Mnr. Swiegers het iets in die vlakwater sien lê en eers gedink dat dit ‘n klip is. Toe hy sy aas in daardie rigting wou ingooi het hy egter besef dat dit ‘n mens is wat daar lê.

Die liggaam is sowat 500 meter gevind van waar Henry Mikwanda drie weke gelede verdrink het.

Die paartjie kon nie die polisie in die hande kry nie en het toe ‘n familielid gekontak wat die polisie se watervleuel in kennis gestel het. Die liggaam is reeds kom haal.

Me. Pretorius sê dat dit moeilik was om te sien maar dat dit lyk asof die liggaam ‘n swart T-hemp en blou onderbroek aangehad het.

Dit is nog nie duidelik of dit die liggaam van mnr. Mikwanda is nie.

Mnr. Perrin O’Neill, wat saam met mnr. Mikwanda was die dag toe hy verdrink het, het gemeld het dat hy ten tye van die verdrinking ‘n onderbroek aangehad het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button