News

Slange kruip uit hul gate

Die slange kruip uit hul gate en die slangkenners waarsku dat hulle nou baie aggressief is.

Mnr. Victor Boshoff (voorsitter, Middelburg Herpetologiese Vereniging) sê die afgelope twee weke was hulle baie bedrywig.

“Toe die eerste slange uitkom, het ons geweet dit gaan binne twee weke reën,” het hy dié week gesê. Die lede van die Herpetologiese Vereniging is na talle huise en besighede in Middelburg uitgeroep om slange te verwyder.

Daar is pofadders, rinkhalse, molslange, nagadders en bruin huisslange gevang. Mnr. Boshoff het gewaarsku dat die slange na hul winterslaap nou baie aggressief is, omdat hulle wil vreet en wil paar. “As jy nie weet hoe om ’n slang te verwyder nie, moet dit nie self probeer doen nie.”

Hulle het ook ’n erge probleem met uitheemse slange wat uit hokke uitkom. Hy sê dit is die eienaar se verantwoordelikheid om die slange agter slot en grendel te hou. As jou slang uitkom, gáán die herpetologiese vereniging die slang vernietig.

“Daar is géén bewyse dat uitheemse slange nie met ons inheemse slange kan teel nie. Dink watter probleme kan dit veroorsaak! Ons land se bioversiteit kan nie bekostig dat daar kruistelings plaasvind nie.”

Indien ’n uitheemse slang gekry word en hy het wel ’n mikroskyfie in, kan die slang vir die eienaar teruggegee word, maar in hierdie geval kan die persoon ’n boete kry.

Die Herpetologiese Vereniging vra dat alle persone wat uitheemse slange besit, hulle moet kontak vir mikroskyfies. Hulle nooi ook slangeienaars om hulle te kontak om betrokke te raak by hul werksaamhede.

Hulle vergader elke eerste Donderdag van die maand om 18:00 by die opleidingsentrum op die hoek van Mandelarylaan en Newtonstraat. Vir enige navrae of om slange te verwyder, bel mnre. Boshoff by 082 697 9954, Fanie Strydom by 079 606 8374 of Jean Houy by 071 839 7586.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button