News

Beesboude gee twee weg wat vlug

Twee vermeende diewe is vanoggend op Pienaardam se gronde gearresteer, nadat daar beesvleis uit ’n koelkamer gesteel is.

Vroeg vanoggend is die twee verdagtes in ’n land by Rockdale Farming sien loop met groot beesboude op hul skouers.

Daar is aanvanklik gedink dat hulle bosslagters is wat die afgelope paar maande so verwoesting saai onder boere se beeste. Tydens hierdie slagtings word beeste se hakskeensenings afgekap en as die dier van pyn gaan lê, word hulle opgekap en die vleis weggedra.

’n Sekuriteitsfirma (wat anoniem wil bly) het hulle dadelik agterna gesit en die booswigte het oor drade gespring tot by die Pienaardamplaas.

Die sekuriteitsfirma het intussen die polisie se Veediefstal en Bedreigde Spesie Eenheid gekontak en ook die personeel van Pienaardam in kennis gestel.
Die een verdagte is op die plaas gevind met ’n ligte skietwond in sy bo-arm en die ander een het hom vasgeloop teen die wildsheinings.

Kort nadat hulle gearresteer is, het dit aan die lig gekom dat die twee beesboude uit ’n koelkamer gesteel is by Rockdale Farming. Beide sal vandag aangekla word vir inbraak en diefstal.

• Die verdagtes se name mag nie gebruik word nie, omdat hulle eers in die hof moet verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button