News

Gesoute oud-speurder ondersoek Rooikraal moord

Geen steen sal onaangeroer bly in die soektog na die moordenaar van Raymond Papapavlou noudat ’n baasspeurder hom op die ondersoek toespits.

Papapavlou (28) is Sondagaand in sy huis in die Rooikraal omgewing (tussen Stoffberg en Groblersdal) doodgeskiet. (Daar is oorspronklik berig dat die voorval na middernag gebeur het. Gesprekke met ooggetuies het dit egter nou aan die lig laat kom dat hulle reeds voor middernag op die toneel was).

Lees ook: Jong man (28) op plaas doodgeskiet

Daar is vertroulik verneem dat die slaapkamer waar Papapavlou geslaap het en die televisiekamer waar sy vrou op die bank gelê het aanmekaar grens. Sy het wakker geskrik van geweerskote en doodstil op die bank gesit toe sy ’n silhouette gesien beweeg het. Sy het daarna ’n sarsie skote afgevuur, ’n geskarrel gehoor en toe was dit stil.

Die vrou het om hulp gebel en is aangeraai om dood stil op die bank te sit tot ondersteuning opdaag. Met ondersoek is daar gevind dat die kombuisdeur oopgestaan het.

Lees ook: Voorheen skote en moord op Rooikraal

Die polisie se ballistiese eenheid was gister laat op die toneel om leidrade te versamel.

Sakkie Louwrens van Bosveld Misdaadondersoeke help met die ondersoek. Louwrens is ’n gesoute oud-polisieman, wat aan die stuur was van ’n spesiale taakspan wat hoë-profiel misdade in Limpopo ondersoek het.

Hy het ook ’n sleutelrol gespeel in die onlangse arrestasie van vier mense, waaronder ’n huishulp, in die moord ondersoek van Lizette Deacon en haar ma Hettie in Polokwane.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button