News

Het Mercedes iets met moord te doen?

Het die Mercedes wat naby die huis van Raymond Papapavlou (28) gesien is, iets met sy moord te doen?

Mnr. Cobus Peens, voorsitter van Landelike Veiligheid op die Stoffbergpad, sê dat sy vrou Simone die vorige nag gebel het oor ‘n verdagte Mercedes wat langs die teerpad na die Rooikraal afdraai gestaan het.

Lees ook: Jong man op plaas doodgeskiet

Die voertuig se nommerplaat is getoets en daar is vasgestel dat dit afkomstig is van Tembisa. Die voertuig was reeds weg toe boere die insittendes wou konfronteer.

Lees ook: Gesoute oud-speurder ondersoek Rooikraal moord

Mnr. Papapavlou is net voor twaalf Sondagnag, in sy bed doodgeskiet, op die plaas Frischgewaagd, in die Rooikraaldam omgewing.

Hy was reeds in die bed, terwyl sy vrou op die bank voor die televisie gelê het. Sy het aan die slaap geraak en wakker geskrik van skote.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button