Rocky veg sy pad terug huis toe
Dit het vier maande gevat, maar Rocky het vasgebyt en sy pad huistoe oopgeveg.

Die pragtige Duitse Herderhond het op 6 Julie weggeraak en is vanoggend met sy huismense herening.
Me. Janine Johnson kon nie glo dat Rocky uiteindelik tuis is nie. Kort na sy verdwyning was daar ’n soektog reg deur Dennesig geloods. Sy het ook in die Middelburg Observer, Facebook en op radio gevra dat mense moet uitkyk vir Rocky.
Talle mense het gebel en gesê dat hulle die hond opgemerk het, maar elke keer het dit op niks uitgeloop nie.
Drie weke gelede was daar groot opwinding toe daar ’n hond by die Dennesig dammetjies gesien is, maar dit was ’n Alsation.
Vanoggend is hulle weer gekontak deur ’n vrou wat gesê het dit lyk soos Rocky wat voor haar huis staan. Me. Johnson het getwyfel, maar tog haar vriendin gestuur, om te kyk of dit hulle geliefde Rocky is.
“Vier maande later en ons hond is by die huis! Ons kan dit amper nie glo nie!” Haar man, Wayne, het gou vir
Rocky by die huis gaan haal en hom veearts toe gevat, dat hulle net seker maak dat hy nie in sy omswerwinge in ’n paar gevegte betrokke was nie.
