Twee oor beesboude in hof
Twee mans het in die hof verskyn na diewe met beesboude op hul skouers, op Pienaardam se gronde vasgetrek is.
Sekuriteit van Rockdale Farming het die twee mans, met die twee beesboude op hul skouers, in ’n land sien stap en agterna gesit. Hulle het vermoed dit is bosslagters, wat beeste se hakskeensenings afkap en daarna opkap.
Die vleisstelers het oor drade gespring en is op Pienaardam se gronde voorgekeer.

Buiten die sekuriteit, het lede van die Polisie se Veediefstal- en Bedreigde Spesie-Eenheid, asook skof B, hulle na die plaas gehaas.
Met nadere ondersoek is ontdek dat die vleis gesteel is by die Molare koelkamers by die voerkraal (Rockdale Farming). Al die beeste wat vrek en waarop nadoodse ondersoeke gedoen word, se karkasse word daar gestoor.

• Richard Thulani Mahlangu (24) en Mduduzi Ngwenya (38), het in die hof verskyn op klagtes van besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
• Ngwenya is op die toneel behandel vir ’n skietwond. Hy is ook hospitaal toe geneem vir behandeling, maar is weer aan die polisie oorhandig.
