News

Twee minute het waarskynlik sy lewe gered

’n Oud Polisieman wat in die Belfast transitoroof vasgery het, is oortuig dat ’n “Hoër Hand” sy lewe gespaar het.

Mnr. Des Jelliman, ook ’n bekende provinsiale marathonatleet, was op die R33 naby Belfast onderweg toe hy in die chaos afgekom het.

Die rooftog, waarin twee sekuriteitswagte beseer is, was binne etlike sekondes deur die Middelburg Hoofweg Patrollie gefnuik, te danke aan mnr. Jelliman se spoedige reaksie.

Mnr, Jelliman vertel dat hy van die hoofweg afgery het by die R33, in die Carolina rigting, toe ’n aankomende voertuig sy ligte geflits het en hom laat stop het. Die bestuurder het vir hom gesê hy moet omdraai, omdat ’n roof besig is om plaas te vind. Hy het skaars omgedraai toe hy die eerste ontploffing voel.

Hy het ’n entjie aangery, toe hy die Middelburg Hoofweg Patrollie voertuig langs die pad sien en vir hulle vertel van die transitoroof.

Hulle het koeëlvaste baadjies aangetrek en na die toneel gejaag…en toe “klap die skote”.
Hy het daarna ’n tweede ontploffing gehoor.

Mnr. Jelliman sê dat hy voor die roof naby Wonderfontein afgetrek het vir brandstof.

Die twee minute wat hy getalm het by die vulstasie het sy lewe gespaar, anders het hy in die rooftog vasgery.

Nuus van die transitoroof het vinnig op veiligheids WhatsApp groepe versprei, van twee verdagte voertuie wat van die toneel af ontsnap het.

Die verdagtes het gevlug sonder hulle buit en moes een van hulle voertuie, wat aan die brand was, agterlaat.

Die twee sekuriteitswagte is hospitaal toe geneem vir behandeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button