News

Vier mense deur karvenster geslinger

Vier mense is deur ’n karvenster geslinger en het op die toneel gesterf in ’n ongeluk gisteraand omstreeks 19:30.

Die botsing het sowat 10km buite Hendrina op die Middelburgpad plaasgevind.

Die vier insittendes in die kar het waarskynlik nie sitplekgordels gedra nie en is uit die voertuig geslinger, waar hulle op die toneel dood is. Een van die oorledenes, wat moontlik die bestuurder van die voertuig was, het in die pad gelê en die ander drie sowat 20 treë verder in ’n sloot.

Twee vroue, wat passasiers was in die taxi, se toestand was kritiek op die toneel en is afgevoer hospitaal toe. Die bestuurder van die taxi het ligte beserings opgedoen.

Die pad was gesluit tot omstreeks middernag en die verkeer, wat meestal uit trokke bestaan het, het vir sowat 10km weerskante toe opgedam.

• Met die joernalis se aankoms by die toneel omstreeks 09:30, moes sy by sowat 60 trokke verbygaan om by die toneel uit te kom.
Sy was geskok met die hoeveelheid trokke daardie tyd van die nag op die pad.

•Die oorledenes se name is nog nie bekend nie.

https://vimeo.com/466473299

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button