News

Na moord stap beskuldigde by hospitaal uit en verdwyn

Waar is die geregtigheid minister Cele?

Waar is jou ondersoekbeamptes minister Cele?

So kan moordslagoffers tereg aan minister Bheki Cele vra.

Die moord van Raymond Papapavlou (28) verlede week en Sondagnag is nie die eerste in die Rooikraal omgewing nie.

Lees ook: Beloning vir inligting na Rooikraal moord

Skokkend! Die vorige moordverdagte het vier jaar gelede by die hospitaal uitgestap, sonder dat ’n hand op hom gelê is.

Mnr. Henning Joubert is op 1 April 2016 in die Rooikraaldam omgewing op sy skoonouers se plaas voor sy vrou, Marlene, met ’n mes doodgesteek.
Hy kon daarin slaag om die aanvaller met haar dienspistool te skiet, tydens die struweling.

Die Daller voorblad nadat ’n moordverdagte verdwyn het.

Mev. Joubert, wat destyds vir die polisie se Handelstak gewerk het, het na doeke gegryp om die bloeding te stop, toe mnr. Joubert vooroor val en sy bewussyn verloor het.

Twee verdagtes is in verband met die moord in hegtenis geneem. Een is na ondervraging weer laat gaan, terwyl die ander een, wat op die toneel deur die polisie met ‘n skietwond gearresteer is, in die Groblersdal Hospitaal opgeneem.

Die verdagte het verdwyn en die hof was genoop om die saak weens nalatigheid van die polisie af, van die rol te skrap.

Lees ook: Voorheen skote en moord op Rooikraal

Groblersdal Polisie sê die man is in Groblersdal Hospitaal onder polisiebewaking opgeneem, maar is oorgeplaas na Mankweng om ‘n spesialis te sien, omdat hy moontlik ‘n operasie sou ondergaan. Hy het eenvoudig by die hospitaal uitgestap en is nooit weer gesien nie.

•Hierdie is en van vele voorvalle waar sake nooit die hof haal of die hof haal, maar teruggetrek word weens patetiese polisiewerk.

•’n Man word in 2018 op Middelburg doodgeskiet – ’n verdagte word uitgewys – twee jaar later geen geregtigheid – geen vordering in die saak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Check Also
Close
Back to top button