News

Tradisionele geneser hou sekretarisvoël aan met tou om poot

’n Jong sekretarisvoël wat met ’n stuk tou om sy poot aan ’n gewig vasgemaak by ’n tradisionele geneser in Delmas aangehou is, is deur die Middelburg Veediefstal en Bedreigde Spesie eenheid gered.

Iemand wat die haglike omstandighede gesien het, waarin die sekretarisvoël aangehou is, het die Springs Dierebeskermingsvereniging gekontak.

Die Springs DBV het op hul beurt die Middelburg Veediefstal- en Bedreigde Spesie eenheid genader en adj. Stoney Steenkamp het dadelik soontoe gejaag.

Daar is beslag gelê op die sekretarisvoël wat hy na Pienaardam gevat het, waar die voël gehou is totdat die Birds of Prey Rehabilitasiesentrum in Dullstroom hom gisteraand kom haal het.

Met nadere ondersoek het hulle gevind dat die sekretarisvoël ondervoed is (hy weeg net 2.8kg) en, alhoewel hy kon staan, het hy ’n slegte kneusing aan die poot waaraan hy vasgemaak is.

Alhoewel die jong sekretarisvoël al kan staan, sal hy nooit weer in die natuur losgelaat kan word nie, want sy een vlerk is gebreek.

Hulle het ook gesien dat sy een vlerk gebreek is, wat beteken dat hy nooit weer in sy natuurlike habitat losgelaat kan word nie.

Alhoewel die sekretarisvoël nie ’n bedreigde spesie is nie, is dit wel ’n beskermde spesie en mag nie aangehou word nie. Géén bedreigde of beskermde diere of voëls mag sonder ’n permit aangehou word nie.

• Die sekretarisvoël het oorspronklik van Kwazulu-Natal gekom.

• Daar word verneem dat die tradisionele geneser beboet gaan word. Daar is gevra waarom hy die voël aanhou, waarop hy net gesê het hy “hou van voëls.”

• Persone wat weet van mense wat diere onwettig aanhou, kan die Middelburg Veediefstal- en Bedreigde Spesie eenheid bel by 013 249 1521/0.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button