News

Duisende verwag by optogte teen plaasaanvalle

Inwoners staal hulle vir 25 Oktober wanneer verskeie optogte van Marble Hall tot Middelburg beplan word om mense se wrewel teen plaasaanvalle te wys.

Die gebeure vanoggend in Senekal is ’n voorteken wat hier verwag kan word.

Kruise gaan volgende Sondag elke kilometer tot by die Gebedsoond op Middelburg geplant word. Daar sal terselfdertyd ‘n optog in die Loskopdam omgewing wees, waar plaaslike boere ook kruise langs die pad gaan plant.

‘n Derde optog sal van onder die Loskopdamwal wegspring, deur Groblersdal loop en uiteindelik in Marble Hall eindig. In Dullstroom word daar ‘n optog beplan wat by Marchlands, die plaas waar Sue Howarth vermoor is in 2017, se ingang sal begin. Mense kom 10:30 bymekaar en word gevra om swart te dra.

• Videomateriaal van ’n vorige optog teen plaasmoorde.

https://vimeo.com/468843420

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button