Vol draadwerk maar ‘’n draadkar dra nie stof nie’
Plaaslike sangsensasie, Stiaan Reynierse, het vandag sy nuutste enkelsnit, Draadkar, vrygestel.
Plaaslike sangsensasie, Stiaan Reynierse, het vandag sy nuutste enkelsnit, Draadkar, vrygestel.
Draadkar is kliphard-skop-in-die-maag rock ’n roll en iets heeltemal anders as die melodieuse ballades waarvoor Reynierse alombekend is.
“Ek is mos van kleins af al ’n rocker. Met Draadkar voel dit of ek myself tot die uiterste toe kan uitdruk,” sê Stiaan.
Hy sê dat hy steeds baie lief is vir sy ander musiek, en dat Dors altyd een van sy gunsteling liedjies sal bly. Draadkar kondig egter ’n nuwe era van rock ’n roll in die musikant se lewe aan.
“Ek probeer sê wat baie mense dink maar dalk nie hardop oor praat nie. Sisteme het daarin geslaag om die joy uit baie dinge te vat, dis hoekom ek sing “nog ’n verstand sterf ongebore, die kleur is uit die waarheid gekerk” want mense leef nie meer nie, hulle bestaan net. Die rykes word ryker en die armes word net armer.”
Draadkar is die tweede vrystelling wat op Dors volg. Voor die twee liedjies het Stiaan ‘One eye is king’ saam met sy pa vrygestel. Hy sê dat die liedjie egter bloot vir sentimentele redes gedoen is omdat hy bittergraag iets saam met sy pa wou opneem.
Hy is reeds besig met die opname van sy volgende liedjie.
“Die volgende een is ’n cover song. Ek het nou die dag gehoor hoe iemand dit sing en dit het my getref, want dit beskryf eintlik my lewe so goed.”
Stiaan het intussen ’n kontrak met Universal Musiek geteken.
Om Draadkar af te laai kliek op die skakel en gebruik jou gekose platform:
https://StiaanReynierse.lnk.to/Draadkar