News

Winkelpop vir museum byna in sy maai geskiet

’n Spiewit winkelpop wat bestem is vir die OH Frewin Museum vir die Druk- en Gemeenskapspers, is vanoggend byna in sy maai geskiet - boonop het twee vlermuise gesorg dat ’n vermeende koperkabeldief vasgetrek word!

Mnr. Johnny Venter, algemene bestuurder van OH Frewin Drukkery, vertel dat daar twee aande na mekaar koperkabels van een van die lugversorgers aan die buitekant van die besigheid gesteel is.

Mnr. Johnny Venter by die lugversorger wat sodanig beskadig is weens die koperdiefstalle, dat dit vervang moet word.

Die skade is van so ’n aard dat die lugversorger vervang moet word teen ’n koste van R40 000. Hulle is tans besig met werk in die museum en die dak is tydelik oop gelos. Omstreeks 03:00 het CSC Tactical ’n alarm in die fabriek by OH Frewin Drukkery gekry. Dit was egter nie weens die boef aan die buitekant op die perseel nie, maar weens die vlermuise wat opsoek was na kos. Met reaksielede, Louis Zietsman en Richard Mabusela se aankoms, het hulle die verdagte agter palette tussen die OH Frewin en Middelburg Observer gebou, gesien.

Die verdagte wat vasgetrek is nadat vlermuise opgevlieg en die alarm laat afgaan het.

“Hy het oor die hek gespring en tussen OH Frewin en die Middelburg Observer ingespring om weer koperkabels te sny, toe die alarm skielik afgaan met die vlermuise in die gebou. Hy kon nie vinnig genoeg wegkom nie en my lede het hom daar betrap,” het mnr. Ferdie Labuschagné (bestuurder van CSC Tactical) gesê.

Richard Mabuseka en Louis Zietsman wat vanoggend ’n vermeende dief vasgetrek het by OH Frewin Drukkers.

Een van die reaksielede is ook in die gebou in om te kyk of alles reg is en het blitsig na sy wapen gereik toe daar skielik ’n “persoon” langs hom in ’n klein kamertjie staan.

Gelukkig was dit net die winkelpop!

Mnr. Labuschagné het saam met mnr. Dries Venter (Junior) deur die perseel gegaan om te kyk watter skade aangerig is. Volgens mnre. Labuschagné en Venter was die polisie ook binne minute op die toneel en wil hulle die lede daarvoor bedank. • Daar is ’n mes en ’n skroewedraaier in die verdagte se besit gevind.

Die stanleymes en skroewedraaier wat by die verdagte gekry is.

• Sy naam kan nie op hierdie bekend gemaak word nie, omdat hy nog in die hof moet verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button