News

Motorfietsryer ernstig beseer in Kanonkop botsing met bakkie

Talle het gekla dat die stopstraat op die berugte hoek daagliks deur motoriste verontagsaam word.

‘n Motorfietsryer het ernstige hoof en ander beserings opgedoen tydens ‘n botsing met ‘n bakkie op die berugte kruising van Kiepersol en Seringstraat.

Die botsing het kort voor 17:00 plaasgevind. Noodpersoneel het gou gewerk om die man op ‘n draagbaar en in die ambulans te kry.

Die motorfietsryer het die bakkie op die sy getref in die kruising waar daar al talle ander ernstige botsings was.

Mense, die meerderheid inwoners van die area, het op die toneel saamgedrom.

Talle het gekla dat die stopstraat op die berugte hoek daagliks deur motoriste verontagsaam word.

Dit is net ‘n eenrigtingstop met ryvoorgang vir Kiepersolstraat gebruikers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button