News

Pakke Simba skyfies is toe al die tyd ’n selfoon

’n Man is binne 45 minute vasgetrek nadat ’n selfoon in ’n badkamer gevat is.

Sekuriteitsoffisier, Louis Zietsman, CSC Tactical, het gou sy hande gaan was in die badkamer van ’n vulstasie in Samora Machelstraat en het ingedagte die selfoon op die asblik gelos. Hy was net ’n blok weg van die vulstasie af, toe hy besef hy het sy foon vergeet en het terug gejaag. Die selfoon was egter skoonveld en niemand het ook die selfoon by die voorste kantoor ingehandig nie. Met die hulp van die bestuurder van CSC Tactical, Ferdie Labuschagné, het hulle met die Samsung Toep, “Find my Mobile” die spoor begin volg. Na ’n rukkie het hulle twee verdagtes op die hoek van Cowen Ntuli- en Walter Sisulustraat opgemerk, maar nie dadelik die sein gekry nie. Kort daarna het hulle dieselfde twee mans by die Irak Taxistaanplek gesien en die sein direk by hulle gekry. Maar al wat hulle aan die mans kon sien, was ’n pakkie Simba skyfies. Mnr. Zietsman het die een man herken wat hy vroeër by die vulstasie opgemerk het. Die oomblik toe die twee verdagtes hom sien, het die een die “Simba skyfies” onder ’n bakkie ingegooi by die deurloop vanaf Irak Taxistaanplek na Walter Sisulustraat en probeer vlug. Mnr. Zietsman was egter te vinnig. Hy het gesien dit is sy selfoon wat in die “Simba” skyfiepakkie toegedraai is en die een verdagte vasgetrek. • Die beskuldigde se naam kan nie gebruik word nie, omdat hy nog nie in die hof verskyn het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button