News

Wen kaartjies na Go-2 Steakhouse se Juan Boucher vertoning

Juan Boucher het die land verower met liedjies soos "Ritme van my hart" en "Ek weet jy weet" en nou kry sy ondersteuners die kans om hom in lewende lywe te sien optree.

Die Go-2 Steakhouse bring vir gaste, ‘n drievoudige bederf waar Carl Borchardt die voorprogram gaan open.
Juan Boucher volg met ‘n voorsmaak van sy nuutste album, Gewigloos, wat die aand bekend gestel word.

Twee paartjies staan die kans om gratis kaartjies te wen in die Middelburg Observer kompetisie.

Hier is wat jy moet weet oor die lekker Go-2 aand:

Kompetisie:

Vier gratis kaartjies kan joune wees en al wat jy hoef te doen, is om op die Middelburg Observer Facebookblad of groep, die Go-2 Steakhouse advertensie soveel as moontlik te “like” en “share”.

Besprekings:

Die aand vind op 30 Oktober, vanaf 17:00, by die Go-2 Steakhouse plaas – oorkant Kranspoort Vakansiedorp se ingang.

Kaartjies kos R150 per volwassene en R100 per minderjarige (drank en etes uitgesluit).
Hekke open om 16:00.

Carl Borchardt begin vanaf 17:00 sing.

Juan Boucher tree op vanaf 20:00 – waarna Carl Borchardt weer oorneem tot die vroeë oggendure.

Besprekings is noodsaaklik!

Om jou plek vroegtydig te bespreek, stuur ‘n e-pos na go-2@mweb.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button