News

Talle optogte teen plaasmoorde

Daar word verskeie optogte teen plaasmoorde beplan vir Sondag 25 Oktober.

Middelburg:
Middelburg se optog begin by De Voetpadkloof se ingang op die N11. Daar word beplan om met tussenposes wit kruise langs die pad te plant. Die optog beweeg tot by die Gebedsoond in Middelburg (agter die Steve Tshwete Munisipaliteit se geboue langs Walter Sisulustraat) waar die oorblywende kruise geplant sal word.
Die optog begin om 09:00. Kontak Wayne Hill 083 303 8784 vir meer inligting.

Loskopdam/Kranspoort:
Plaaslike boere sal van onder die Loskopdamwal tot by die Avontuur afdraai ’n optog hou en ook kruise plant.

Dullstroom:
Dullstroom Boerevereniging nooi mense om 10:30 by die Marchlands plaasingang, langs die R540 te vergader vir ’n vreedsame protes. Mense word gevra om swart aan te trek.

eMalahleni:
Pieta’s Pub (naby Hermansdal op die Ou Witbankpad (R555)) is die bymekaarkomplek vir eMalahleni se optog. Mense moet 09:00 daar wees. Daar sal dan in die rigting van eMalahleni tot by Jackaroo Park gery word voor daar op die ou pad deur die onderdorp gery sal word. Van daar beweeg die optog op die N4 tot by die OR Tambo afrit waar daar met Watermeyerstraat tot by die N12 gery sal word. Die optog eindig oorkant die Nissan Handelaar in die oop veld waar daar ’n roudiens ter nagedagtenis vir die slagoffers van plaasmoorde gehou sal word. Daar word gevra dat mense wit of swart kruise op hul voertuie plak, swart aantrek en met hul hoofligte aanry.

Groblersdal: 
Groblersdal se optog begin by die DLU saal en beweeg met die N11 na Maroela Pub and Grill. Die optog begin 11:30 vir 12:00.

Back to top button