News

Vermeende betreder in hof

’n Betreder wat op heterdaad in die erf by OH Frewin Drukkery gevang is, sê hy het net na skrootmateriaal gesoek.

Sy arrestasie buite die gebou, het gevolg nadat vlermuise die alarm in die fabriek geaktiveer het en reaksielede van CSC Tactical uitgegaan het.

• Die twee vorige aande is daar koperkabels van die een groot lugversorger aan die buitekant gesteel. Personeel vermoed die betreder het teruggekeer die derde aand om ook die koper van die ander lugversorgers te steel. Om die lugversorger te vervang, beloop R40 000.

Lees ook: Winkelpop vir museum byna in sy maai geskiet

• ’n Paar maande gelede is die drukkery se koper waterpype gesteel en is dit vervang met plastiekpype om verdere diefstalle te voorkom.

• Sifiso Tshepo Motau (32) het reeds in die hof verskyn op ’n klagte van betreding en besit van inbreektoerusting.

https://vimeo.com/470876300

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button