News

Vermoorde op kleinhoewe is nie bekende oud rugbyspeler

Die oud rugbyspeler, Terence Moll, is springlewendig! www.mobserver.co.za word oorval deur oud rugbyspelers wat op sosiale media gelees het dat Moll op sy kleinhoewe vermoor is.

“Ek weet nie waar kom die stories vandaan en of dit kwaadwillig is nie, dit wys jou net hoe kan fopnuus versprei,” sê Moll.

Hyself is deur ou rugbyvriende gebel om te hoor “of hy dood is”.

Die verwarring het waarskynlik ontstaan toe ’n werker op die kleinhoewe, sowat 20 kilometer uit Middelburg in die rigting van eMalahaleni, Pieter Weyers (65), Donderdagoggend om 02:00 op die kleinhoewe vermoor is. Dit is net sowat 80m van die hoofhuis af waar Moll woon. Die rede vir die moord is duister, omdat niks uit Weyers se kamer gesteel is nie, nie eers sy selfoon of beursie nie. Sy woonplek se deur is afgebreek en sy hande agter sy rug vasgebind. Hy is daarna met ’n gordel verwurg en deur die gesig geslaan, met ’n stuk yster.

Van die werkers op die plaas se selfone is wel gevat, waarskynlik sodat Moll nie van die aanval in kennis gestel kon word nie.

Daar word nou na Weyers se familie gesoek, wat in die Vrystaat of Limpopo is. Moll vra dat enigiemand wat weet waar sy familielede hulle bevind of die familie self, moet hom bel by 082 268 8630.

•Moll was een van die beste nommer ses flanke wat Suidoos-Transvaal ooit opgelewer het. Hy was een van die sterre toe Suidoos in 1983 die Westelike Provinsie op Witbank met 24-19 in ’n Lionbeker wedstryd geklop het en het 23 keer vir die provinsie uitgedraf.

In een van sy eerste wedstryde, nadat hy hoof van sport geword het by die destydse Bantoesake Administrasie, het hy twee drieë teen Middelburg gedruk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button