News

Motorfietsryer sterf na botsing met bakkie in Kanonkop

Mnr. Reyneke is medikasie toegedien om sy hart aan die klop te hou.

‘n Jong man, Willie Reyneke (18), wat betrokke was in die botsing met ‘n bakkie in die berugte Kiepersol en Seringstraat kruising Donderag, is oorlede.

Die familie is die moeilike besluit Vrydag gegee om die lewensonderhoudende-masjiene wat mnr. Reyneke tot gisteraand toe gespaar het, af te sit.

Die familie het besluit om dit nie te doen nie. Mnr. Reyneke is medikasie toegedien om sy hart aan die klop te hou.

Dit is nie weer toegedien nie.

Mnr. Reyneke is omstreeks 21:00 gisteraand oorlede.

Die familie soek antwoorde oor die ongeluk.

Die berugte eenrigting-stopstraat met ryvoorgang vir Kiepersolstraat motoriste, word daagliks deur motoriste verontagsaam.

Ooggetuies op die toneel het beweer dat dit weer die geval was.

Mnr. Reyneke het ernstige hoof en ander besersing opgedoen nadat hy die bakkie aan die kant getref het.

Die saak is nou in die hande van die polisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button