News

Honderde val in by Afriforum se optog teen plaasmoorde

Honderde inwoners het Sondag opgeruk na Afriforum se optog teen plaasmoorde.

’n Reuse konvooi voertuie, insluitende trekkers, planters, spuiters en ander plaasvoertuie, het van Devoetpadkloof na die Gebedsoond by die munisipaliteit gery.

Kruise is langs die pad ingekap ter nagedagtenis aan duisende boere en hul gesinne wat slagoffers van plaasaanvalle was.

Talle wit kruise is ook by die Dennesig ingang ingekap.

By die gebedsoond is 800 kruise ingekap nadat ’n gebed gedoen is.

Daar was deurlopend ’n sterk polisiemag teenwoordig.

Die dag is gereël deur Wayne Hill van Afriforum.

Daar was ook talle ander optogte, insluitende Groblersdal en Dullstroom by die plaas waar Sue Howarth in 2017 wreed vermoor is.

Die optog het vreedsaam verloop.

Mnr. Hill bedank almal wat hul stemme tot die oproep teen plaasmoorde gevoeg het.

Middelburg:

Dullstroom:

Stoffberg:

Stoffberg foto’s geneem deur Denise Roux.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button