News

Museum foto vir foto, kamera vir kamera, besig om gestalte te kry

’n Stokou vergroter wat in ’n donkerkamer gebruik is, is die nuutste toevoeging tot die OH Frewin Museum vir die Druk- en Gemeenskapspers.

Die vergroter, asook verskeie ou druktoerusting, is deur Mariaan Lombard aan die museum geskenk.
’n Volledige donkerkamer is reeds by die museum ingerig.

Deon van Huizen van die koerant Kormorant het intussen verskeie ou kamera’s geskenk.
Daar word beplan om die museum in 2021 te open.

Koerante en individue wat nog skenkings aan die museum kan maak word gevra om Tobie van den Bergh, direkteur van die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste, te bel by 072 2201 568 of e-pos tobie@mobserver.co.za.

Die geskiedenis van gemeenskapskoerante gaan op geblokte borde uitgestal word en daar is uitstalruimte vir ou foto’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button