Waar is Piet Weyers se familie?
Het Piet Weyers (65) se moordenaars gedink hy het ’n groot som geld in sy woonplek gehad, toe hulle hom Donderdagoggend in die vroeë ure, op ’n kleinhoewe tussen Middelburg en eMalahleni, vermoor het?
Eienaar van die kleinhoewe waar Weyers gebly het, Terence Moll, sê die rede vir sy moord is duister, maar hy is bewus dat Weyers ’n voertuig verkoop het en die moordenaars kon gedink het die geld is by hom.
Sy blyplek was in ’n warboel, maar niks is gesteel nie, eers eers sy televisiestel, beursie of selfoon nie.

Die deur is afgebreek en Weyers se hande is agter sy rug vasgebind. Hy is daarna met ’n gordel verwurg en deur die gesig geslaan, met ’n stuk yster.
Daar word steeds na Weyers se familie gesoek, wat na vier dae, nog nie na vore gekom het nie.
Moll vra dat enigiemand wat weet waar sy familielede hulle bevind of die familie self, moet hom bel by 082 268 8630.
